Covid-gevalle daal steeds skerp, hier en elders

Covid gevalle het plaaslik gedurende die week verder gedaal en is 29 persent laer vergeleke met die vorige week. ‘n Gemiddeld van 11 gevalle is daagliks aangemeld met 112 gevalle wat herstel het teenoor 96 in die vorige week. Die positiewe koers is ook uiters laag op ongeveer 2 persent van alle toetse. Die Khomas-streek het steeds die hoogste hoeveelheid getalle maar die syfer het ook met 10 persent teenoor die vorige week gedaal. Die tendens is internasionaal ook so met aktiewe gevalle wat gedaal het van 3,8 miljoen einde Januarie tot 1,7 miljoen, wêreldwyd, aan die einde van die week. Maar in China is daar groot uitdagings. Gevalle het gestyg van 1 300 middel Februarie tot 27 000 wat Saterdag aangeteken is.