China bevestig almal is in vlugramp dood

Chinese amptenare het bevestig al 132 passasiers en bemanningslede het gesterf toe vlug MU-5735 Maandag in die suide van die land neergestort het. Die vlug van China Eastern het met sy neus eerste in ‘n beboste gebied die grond getref. Reddingspanne het tot dusver 120 van die slagoffers met DNS-ontledings uitgeken. Die vliegtuigvervaardiger Boeing, wat die 737-800-vliegtuig vervaardig, help met die ondersoek na die oorsaak van die tragedie. Dit is China se dodelikste lugvaartvoorval in byna drie dekades en het die land in rou gedompel.