Namibiese mediese studente in Kuba soek beursverhoging

Nege Namibiese studente wat medies in Kuba onder die Kubaanse beurs-skema studeer, het ‘n versoek vir ‘n beurs-verhoging van die Namibiese Studente-hulpfonds gerig. Die studente sê hul lewensomstandighede versleg by die dag weens die knyp van inflasie. Hulle vereis dringende ingryping van die Namibiese regering.