‘Profeet’ Babi wil appelleer teen stroperyvonnis

Die selfverklaarde profeet Jackson Babi, beplan om te appelleer teen sy vonnis van 27 jaar vir renosterstropery. Hy is in September verlede jaar op Gobabis op 11 klagte skuldig bevind. Hy is in Mei 2020 in Kleine Kuppe in hegtenis geneem na ‘n klopjag op sy huis en renosterhorings wat daar gevind is het hom verbind aan die stroop van twee renosters naby Gobabis. Hy het tydens die saak ook gepoog om die ondersoek beampte om te koop met 13 000 Namibiese dollar om borg vir hom te verseker. Sy saak sal op 16 Augustus in die hoërhof voor die adjunk-regterpresident Hosea Angula voorkom.