Prof. Peter Katjavivi woon IPU in Kigali by

Die Namibiese speaker van die Nasionale Vergadering, professor Peter Katjavivi, woon tans die Inter-parlementêre Unie, IPU, in Kigali, Rwanda, by. Meer as 1 000 parlementslede van verskillende lande is in Kigali byeen vir ‘n weeklange jaarlikse konferensie. Die IPU se 145ste jaarlikse konferensie word bygewoon deur meer as 60 sprekers van Nasionale Vergaderings van verskillende lande regoor die wêreld onder die tema ‘Gender equality and gender-sensitive parliaments as drivers of change for a more resilient and peaceful world’. Namibië het tot dusver sowat 47 persent van vroue-verteenwoordiging in sy Nasionale Vergadering behaal.