Afrika gaan saamspan in Windhoek teen impakte van klimaatsverandering

Die Namibiese omgewingsministerie het bevestig Namibië gaan vanaf 24 tot 28 Oktober die 10de Konferensie oor Klimaatsverandering en Ontwikkeling in Afrika in Windhoek aanbied. Namibië is een van die mees weerlose lande in die wêreld vir die negatiewe impakte van klimaatsverandering. Die konferensie word deur die Afrika Klimaatsbeleidsentrum georganiseer en die tema is “Just Transition in Africa: Transforming Dialogue into Action”. Die konferensie vind plaas in aanloop tot die 27ste Klimaatsberaad, COP27, wat in November in Sharm El Sheik in Egipte gaan plaasvind. Die woordvoerder van die Namibiese omgewingsminister, Romeo Muyunda gesels met Kosmos 94.1 Nuus.