Prof. Anicia Peters word nuwe NCRST-hoof

Die Nasionale Kommissie vir Navorsing, Wetenskap en Tegnologie het die aanstelling van professor Anicia Peters as die nuwe hoof uitvoerende beampte aangekondig. Haar aanstelling is op 1 Maart 2023 van krag. Die kommissie is sedert 2017 sonder ’n hoof. Peters is ‘n rekenaarwetenskaplike wat spesialiseer in menslike rekenaar-interaksie. Sy is tans die pro-visekanselier vir navorsing, innovasie en ontwikkeling en ‘n medeprofessor aan die Universiteit van Namibië. Professor Peters het ook gedien as die voorsitter van die Namibië 4IR Presidensiële taakspan.