Derde liggaam na kitsvloede gevind en uitgeken

‘n Derde liggaam van ‘n hawelose wat tydens die kitsvloede in Windhoek verdrink het, is gevind. Hy is geïdentifiseer as Antonio “Toni” Vries. Familielede het sy liggaam uitgeken. Hy was een van die tien straatkinders wat Woensdag in ‘n tonnel agter die Game-winkelkompleks in die middedorp tydens die stortreën geskuil het en meegesleur is. Die liggame van ‘n kind en ‘n man is Donderdag gevind. Drie straatkinders word nog vermis, sê Nampol se adjudant-offisier Silas Shipandeni aan Kosmos 94.1 Nuus.