Produsente moet verseker brandmerke is sigbaar

Meatco doen ‘n beroep op produsente om te verseker dat brandmerke op hulle diere duidelik sigbaar is. Die maatskappy sê hy het op die oomblik verskeie uitdagings in die verband omdat die winterhaarkleed dikwels die brandmerke verbloem en dit is moeilik om diere by die uitvoerabattoir te identifiseer. Dit bemoeilik inspeksies deur veeartsenydienste en ook om eienaarskap te bevestig.