VN vra skietstilstand in Sentraal-Afrikaanse Republiek

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres vra vir ‘n skietstilstand in die Sentraal-Afrikaanse Republiek en sê dit is van die uiterste belang ten einde lewens te red. Onrus heers in die oorloggeteisterde land sedert rebelle die regering in 2013 omvergewerp en sodoende 1,2 miljoen mense ontwrig het. ‘n Groepering van die vernaamste rebelle-groepe, die Coalition of Patriots for Change, verskerp tans hulle aanvalle wat in Maart vanjaar begin het. Guterres sê hulpwerkers moet veilige en onbeperkte toegang tot die bevolking hê. Hy voeg by meer befondsing is nodig ten einde aan die intense humanitêre behoeftes van die mense te voldoen.