Produsente kry goeie graanprys, plaaslike oeste neem toe

Graanprodusente is verheug oor hoë pryse. Wit mielies het oor die afgelope twee weke rondom 4 800 Namibiese dollar per ton in die buurland verhandel wat beteken dit sal teen 6 800 dollar ‘n ton plaaslik verhandel. Die Namibiese koringoes tans op die lande word rofweg op 30 000 ton geskat, wat 50 persent van die land se behoefte van 60 000 ton koringmeel vir binnelandse verbruik verteenwoordig. Die uitstaande behoefte word gewoonlik gedek deur invoere uit Suid Afrika, Swart See en Europa. Die NLU sê wit mielies en koring het dus beide ‘n goeie verhoging in nasionale produksie beleef en dit ten spyte van die feit dat die meeste groen skemas óf nie volskaals óf glad nie produseer het nie. Dit beteken, indien die groen skemas dalk wel produktief kan word, Namibië in die grootste gedeelte van sy eie behoeftes kan voorsien.