Karasburg: 127 000 hektaar brand

Terwyl sommige plase soos Dassiefontein, Inhoek en Narudos in die Suide se brande onder beheer is, is daar nou ongeveer 127 000 hektaar wat brand by Karasburg. Maryka Adriaanse wat werksaam is by Agra op die dorp en ook bystand aan die brandspanne bied, sê nog hulp is nodig. Sy het die jongste met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.