Produsente gesels met Calle

Verteenwoordigers van die Lewendehawe Produsente Organisasie tesame met die president en uitvoerende bestuurder van die Namibiese Landbou-unie het ‘n virtuele vergadering met die landbouminister Calle Schlettwein gehou en verskeie kwessies is bespreek. Minister Schlettwein het van die kwessies op die tafel met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.