Ivermektien kan in alle stadiums van Covid benut word – kenner

Die debat oor ivermektien duur voort en Namibiërs is verdeeld oor die kwessie. Kosmos 94.1 Nuus het groot uitdagings gehad om ‘n plaaslike kenner en voorstander van ivermektien op te spoor om oor die voordele van die behandeling te gesels. Dr. Naseeba Kathrada van Suid-Afrika, en stigter van ‘I Can Make a Difference’ was bereid om die behandeling met Kosmos 94.1 Nuus te bespreek.