Produktiwiteitsweek die week herdenk

Die Namibiese arbeidsministerie sal vandag die jaarlikse produktiwiteitsweek bekend stel. Produktiwiteitsweek is ‘n nasionale week om Namibiërs te mobiliseer om produktief te wees. Die ministerie sal ‘n aantal aktiwiteite hou, insluitend verrassingsbesoeke aan sommige instansies om te sien hoe produktief hulle is. Hoof-ontwikkelingsbeplanner by die ministerie, Julia Hamhata gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

Sy nooi ministeries en maatskappye uit om aan produktiwiteitsweek deel te neem.