Nog beurtkrag vir SA die week

Fase twee-beurtkrag sal van vandag tot Woensdag van vier-uur in die middag tot middernag ingestel word. Eskom sê die stap is nodig om noodopwekkingsreserwes gedurende die aande te help bestuur. Die kragvoorsiener se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê beurtkrag word slegs as ‘n laaste uitweg oorweeg, as gevolg van die tekort aan opwekkingskapasiteit en die noodsaaklikheid om herstelwerk te doen: