Produksiewaardes van byna alle vee-sektore neem toe

Gedurende 2023 het die beraamde produksiewaardes van die bees- en skaapsektore groei van onderskeidelik 13,88 persent en 39,93 persent ervaar, maar die boksektor het ‘n 13,51 persent waardedaling getoon, sê die Namië Landbou-unie in sy nuutste kwartaallikse verslag. Die suiwelbedryf het ‘n groei van 5,88 persent in produksiewaarde aangeteken. Pluimvee het met 11,60 persent in waarde gegroei vanaf die vorige jaar, waarvan 18 persent van die waarde deur eierproduksie bygedra is. Die houtskoolproduksiewaarde het met 4,35 persent op ‘n jaargrondslag toegeneem. Die Swakara-industrie het ‘n toename in produksiewaarde gesien, wat van 1 779 472,38 Namibiese dollar tot 4 195 465,61 dollar gegroei het. Dit is hoofsaaklik toegeskryf aan ‘n toename in gemiddelde pelspryse wat van die 2022-gemiddeld van 328,68 dollar per pels tot 530,87 dollar per pels in 2023 gestyg het.