Ministerie waarsku weer teen Boam of Bloom

Die landbouministerie het ‘n ernstige waarskuwing herhaal dat mense nie ‘n insekdoder bekend as Boam of Bloom in hul huise moet gebruik nie. Die produk kan ernstige gesondheidsrisiko’s inhou as mense daaraan blootgestel word, aangesien dit onder meer ‘n kankervormende bestanddeel bevat. Die produk word nie in Namibië toegelaat nie en is nie hier geregistreer nie. Volgens die ministerie kan hierdie produk egter regdeur Namibië gekoop word by straatverkopers, winkels en aanlynverkopers. Die ministerie voeg by dat hulle inspekteurs onder die Plantgesondheidsafdeling het wat saam met NamRa werk om die produk te identifiseer en te konfiskeer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Simon Nghipandulwa, die landbou-ministerie se woordvoerder.