Ondersoek ingestel na Beijing-wedloop… het hulle gekonkel?

Die organiseerders van Sondag se Beijing-halfmarathon ondersoek bewerings dat drie ander atlete met opset ‘n plaaslike gunsteling toegelaat het om te wen. He Jie is as wenner aangewys, maar ‘n video op sosiale media wys hoe Robert Keter and Willy Mnangat van Kenia en Dejen Hailu van Ethiopia net voor eindstreep stadiger hardloop en hom toelaat om hulle verby te steek. Wêreldatletiek sê in ‘n verklaring aan BBC Sports hulle is bewus van die situasie, maar sal nie reageer voor die ondersoek nie afgehandel is nie.