Private sektor skenk groot om Covid te takel

Die private sektor het hande gevat om die Covid-krisis te takel. Agra, Woermann Brock in die binneland en langs die kus, in samewerking met Elite Star Trading Africa, het kragte saamgesnoer om die inisiatief Breathe Namibia te stig. Breathe Namibia het 150 suurstofkonsentreerders ter waarde van 2,5 miljoen Namibiese dollar geskenk om gemeenskappe te ondersteun. Intussen het die Capricorn-groep die vragmotor met 21 ton mediese suurstof van Afrox se mediese suurstoffasiliteit in Windhoek ontvang. Die Capricorn-groep het deur sy stigting drie vragmotors mediese suurstof ter waarde van 1,05 miljoen Namibiese dollar geskenk.