Rekordbedrag van Leonardo da Vinci-skets verwag

‘n Nuwe rekordbedrag vir ‘n tekening deur Leonardo da Vinci word vandag verwag wanneer ‘n sketsie van ‘n beer se kop by ‘n veiling van Christie’s in Londen onder die hamer kom. Die skets sal na verwagting byna 238 miljoen Namibiese dollar haal. Die Beer se Kop is net sewe by sewe sentimeter groot en meer as 500 jaar oud. Volgens Christie’s is die tekening een van slegs enkeles van Da Vinci wat steeds in privaat besit is.