Lugreus Antanov AN-225 land op Hosea Kutako met noodvoorraad

Die Antonov AN-225-vliegtuig het pas op die Internasional Lughawe Hosea Kutako geland. Die reuse-vliegtuig bring mediese voorraad en ander skenkings vanaf Duitsland as deel van hul bystand aan Namibië tydens die pandemie. Die vlug het gister vanaf Leipzig in Duitsland vertrek en eers op Accra in Ghana en daarna in die Angolese hoofstad, Luanda, geland. Francois Lottering sê groot opgewondenheid heers by die lughawe en sê die lugreus dra 300 000 kilogram brandstof en het ‘n kajuitbemanning van ses lede.