Ramaphosa loof Biden se besluit oor patentreg

President Cyril Ramaphosa het president Joe Biden van Amerika se ondersteuning verwelkom vir ‘n voorstel dat die beskerming van intellektuele eiendom vir Covid-19 entstowwe tydelik opgehef word. Dit sal verseker dat entstowwe meer regverdig tussen ryk en arm lande versprei word. Biden se administrasie het gister aangekondig dat die pandemie ‘n wêreldwye gesondheidskrisis is wat buitengewone maatreëls vereis. Ramaphosa sê Biden se posisie versterk ‘n veldtog wat Suid-Afrika en Indië namens opkomende ekonomië voer.