Geingob vra ook dat BoN wetgewing oor beslagleggings aanpas

President Hage Geingob wil hê die Bank van Namibië moet die kwessie van bankfooie, beslagleggings op eiendomme en onregverdige kredietbepalings aanspreek. In sy mening moet instansies versigtig wees vir die uitsluiting van sekere ekonomiese sektore as gevolg van bestaande wetgewing. Volgens die huidige reëls, waarvan die sentrale bank in beheer is, moet banke op die 91ste dag wat daar nie ‘n betaling op ‘n lening plaasgevind het nie, begin litigeer en van daar die weeklikse mosiehof.