Privaatmedia doen sy werk, regeringsmedia ook – kenner

Reaksie word ontvang op die kommentaar deur die uitvoerende direkteur van die inligtingsministerie, Audrin Mathe, dat die media hulle geneigdheid tot konflik, vrees, drama en wraak moet laat vaar. Hy sê dat die regering en die media nie vyande is nie maar dat die regering eerder die media nodig het om oor sy agenda verslag te doen sodat landsburgers beter ingelig is. Hy het ook berigewing afgemaak as fopnuus. Graham Hopwood, direkteur by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, sê daar is twee kampe, en balans, in die media-omgewing in die land.