Kandjoze kap terug, hard, teen Venaani

Reaksie is ontvang op ‘n verklaring van die leier van die amptelike opposisie-party, die PDM, McHenry Venaani op berigte oor Namdia en sy diamant-waardasie maatskappye. Venaani sê hy het met kommer kennis geneem van die onlangse bewerings van die skending van goeie bestuur, vriendskaplike politiek en nepotisme wat teen die huidige direkteur-generaal van die Nasionale Beplannings-kommissie Obeth Kandjoze na vore gekom het terwyl hy die minister van myne en energie was. Kandjoze het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hy werk saam met owerhede maar, het uitgevaar teen Venaani en sê sy huis is ook nie in orde nie.