Privaat sektor leen N$113,1 miljard

Volgens die Bank van Namibië het privaat sektor-krediet in Februarie 2022 met 2,8 persent op ’n jaargrondslag toegeneem het, teenoor die 2,7 persent wat in Januarie 2022 aangemeld is. As die nie-inwoner sektor egter ingesluit word, het die totale privaat sektor-krediet met 7,1 persent gegroei, as gevolg van aansienlike toenames in krediet wat aan nie-inwoners van Namibië verleen is. Totale krediet wat aan die privaat sektor verleen word, staan nou op 113,1 miljard Namibiese dollar.