Noordwes evalueer bek-en-klouseer-uitbreking

Die departement van landbou in Noordwes beoordeel tans die omvang van bek-en-klouseer-uitbrekings. Die departement se woordvoerder, Langa Madyibi, sê die siekte het na vier plase in die provinsie versprei. Madyibi voeg by hulle stel al die nodige beheermaatreëls in om die verspreiding daarvan te beperk. Boere word versoek om die verspreiding van die siekte onmiddellik aan te meld by die departement.