Prinses Charlene gaan binnekort terug Monaco toe

Die Pienk Paleis in Monaco het bevestig prinses Charlene gaan binnekort met haar gesin in die Mediterreense prinsdom verenig word. Die prinses het maande in Suid-Afrika deurgebring sedert sy ‘n oor-, neus- en keel-infeksie opgedoen het wat haar verhoed het om huis toe te vlieg. Charlene het vroeër die maand ‘n finale prosedure ondergaan, en haar man, prins Albert, sê sy sal gou tuis wees by hom en hul sesjarige tweeling, Gabriella en Jacques. Hulle het haar ‘n paar keer in Suid-Afrika besoek sedert sy siek geword het.