Bosasa se bedrogsaak hervat in Januarie

Bosasa se bedrog- en korrupsiesaak in die handelsmisdaadhof in Pretoria sal in Januarie hervat. Die beskuldigdes is die gewese Bosasa-bedryfshoof Angelo Agrizzi, die oudkommissaris van Korrektiewe Dienste, Linda Mti, die departement se voormalige finansiële hoof Patrick Gillingham, en Bosasa se gewese finansiële hoof, Andries van Tonder. Hulle word aangekla in verband met vier tenders van 1,8 miljardrand wat tussen 2004 en 2007 aan Bosasa en sy dogtermaatskappye toegeken is. Agrizzi was vandag weer nie in die hof nie omdat hy steeds ongesteld is.