Prins William op die vingers getik oor toespraak oor Afrika

Prins William, die Hertog van Cambridge, het klei getrap tydens ‘n toespraak by die Tusk-bewaringstoekennings. Hy het gesê druk op Afrika as gevolg van die groeiende menslike bevolking bied ‘n uitdagings aan natuurbewaarders. Hy het beklemtoon die natuur moenie net bewaar word vir sy bydrae tot ekonomieë nie, maar ook vir die mensdom se toekoms. Kritici op sosiale media sê hy behoort te weet die grootste verliese aan natuurlewe was in die vroeë 1900’s toe Europeërs met gewere opgedaag het om te jag.