Gaan Covid-enstowwe doeltreffend teen nuwe variant wees?

Gesondheidskenners is bekommerd omdat Covid-entstowwe moontlik minder doeltreffend sal wees teen die nuwe variant wat in Suid-Afrika opgespoor is. Dit is nie duidelik wat die uitwerking van die B.1.1.529 sal wees nie. Die land beweeg nader aan die voorspelde vierde vlaag van besmettings terwyl die vakansieseisoen naderkom. Die minister van gesondheid, Joe Phaahla, sê die nuwe variant vuur die styging in besmettings aan.