Polisie in KwaZulu-Natal gereedheid vir moontlike oproer

Die polisie in KwaZulu-Natal is op hoë gereedheidsgrondslag geplaas ná berigte van oproer en plundery wat die naweek in Durban en Pietermaritzburg beplan word. Intelligensieverslae en -inligting doen die rondte dat plundery moontlik van môre af sal plaasvind. Die adjunkminister van Polisie, Cassel Mathale, sê polisielede uit ander provinsies sal na die gebied ontplooi word indien nodig.