Princeton maak verstommende aankondiging

Die gesogte Amerikaanse Princeton Universiteit in New Jersey sê in ‘n mediaverklaring studente wie se gesinne minder as 100 000 Amerikaanse dollar per jaar verdien, is nou welkom om gratis by dié universiteit te studeer. Die universiteit, waar bekendes soos die voormalige presidentsvrou Michelle Obama studeer het, het vroeër net studente wie se ouers minder as 65 000 dollar per jaar verdien, gratis by die universiteit toegelaat. Teen vol-prys kan dit studente se ouers tot 80 000 dollar per jaar uit die sak jaag om by dié spoggerige universiteit te studeer. Princeton Universiteit sal ook studente wie se ouers minder as 150 00 dollar per jaar verdien, met beurse ondersteun.