Nampol vra hulp, gesteelde GRN-bakkie is in Angola

Plaaslike media berig dat ‘n gesteelde regeringsbakkie, met registrasienommer GRN 84144, in Angola is.  Die voertuig is oor die naweek gesteel toe die bestuurder, wat gemagtig was om die voertuig te gebruik, uit die motor geklim het om haar hek by haar woning oop te maak. Twee mans het ingespring en weggejaag. Volgens die Oshana-polisie behoort die voertuig aan die ministerie van visserye en het ‘n elektroniese opsporingstoestel wat toon dat die bakkie oor die grens is en in Angola is.  Die polisie vra lede van die publiek om hulp om die voertuig op te spoor.