Wat beteken handelskoue vir SME’s?

‘n Aantal plaaslike en internasionale handelskoue en ekspo’s is in Namibië aangebied en Namibiërs, beide kleinskaalse en gevestigde besighede, het internasionale sake-ekspo’s in die buiteland bygewoon. Die Swakopmund Internasionale Handels-ekspo, Swaitex, vind tans in Swakopmund plaas. Kosmos 94.1 Nuus het aan die direkteur van SMEs Compete, Danny Meyer, gevra watter langtermyn invloed in praktiese terme het hierdie uitstallings op veral die klein en medium ondernemings by die afsluiting daarvan? Verstaan entrepreneurs die rolle van hierdie handelskoue? Meyer verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.