President van Busa een van invloedrykstes in Afrika

Die president van Business Unity South Africa en ook die kanselier van die Universiteit van die Vrystaat, Bonang Mohale is op Reputation Poll International se lys van die mees gerespekteerde Afrikane vir 2023. Die verkiesings-kriteria het reputasie, invloed en sigbaarheid ingesluit. Mohale is ook ‘n skrywer van topverkopers, professor in die regte aan die Johannesburgse Kollege vir Besigheid en Ekonomie en voorsitter van die Bidvest-groep. Mohale sê hy is geëerd om erkenning te kry.