Konstruksie van Onandjokwe-kraamsaal van N$59 miljoen amper klaar

Die konstruksie van ‘n kraamsaal-eenheid van 59 miljoen Namibiese dollar by die Onandjokwe-staatshospitaal naby Ondangwa nader voltooiing. Die kraamsaal sal die grootste kraamsaal onder alle openbare gesondheidsfasiliteite in Namibië wees, met 120 beddens. Tans het die saal 70 beddens. Dit sal sy eie twee teaters hê, ’n hoësorgeenheid vir babas en ma’s, asook ’n noodgevalle-afdeling. Volgens dr. Saad Rwehumbiza, die waarnemende mediese superintendent van die hospitaal, word 7 500 babas per jaar by die hospitaal gebore.