Krieket: Reën fnuik weer derde toets tussen Proteas en Aussies

Krieket: Reën het enige spel verhoed op die derde dag van die derde en laaste toets tussen Suid-Afrika en Australië in Sydney. Die weer het ook die eerste twee dae op die SCG verkort en altesaam 49 boulbeurte het reeds verlore gegaan. Teen uitskeityd op die tweede dag was die tuisspan op 475 vir vier, met die aanvangskolwer Usman Khawaja naby sy dubbele honderdtal. Steve Smith is Donderdag vir 104 uitgehaal, terwyl die Suid-Afrikaans-gebore Marnus Labuschagne 79 lopies bygedra het en Travis Head 70. Australië het met hul oorwinnings in die eerste twee toetse reeds die reeks beklink.