Ramaphosa sê werk moet vir jeug geskep word

Die ANC-president, Cyril Ramaphosa, sê miljoene jong Suid-Afrikaners tussen 18 en 35 het nie werk, óf ‘n geleentheid tot onderwys of opleiding nie. Hy het tydens sy 8 Januarie Presidentsrede gesê die regering moet steeds voorkeur gee aan die indiensneming van jong mense. Vanjaar moet die regering alle planne uitbrei wat werkservaring aan jongmense bied, en ondersteuning, befondsing en markgeleenthede voorsien. Ramaphosa sê die regering moet die voorsiening van toelaes koppel aan roetes wat lei tot werk, eie-diens, opleiding en ander vorms van ekonomiese ontwikkeling.