President ontbied minister Vilho vir vergadering by staatshuis

President Hage Geingob het die minister van Verdediging Peter Vilho ontbied vir ‘n vergadering Dinsdag by staatshuis oor die bewerings oor sy beleggingsrekening in Hong Kong.Dit volg na berigte dat die Aanklaer-Generaal Martha Imalwa bevestig het dat daar ‘n ondersoek gelas is oor die rekening wat deur Vilho besit word. Imalwa ondersoek volgens berigte die oorbetaling van 1,5 miljoen Namibiese doller na die voormalige Hoof van die Namibiese weermag Generaal Martin Shalli.Shalli is aangekla vir beweerde bedrog nadat hy geld ontvang het van ‘n maatskappy wat ‘n kontrak met die weermag gehad het, toe hy die hoof van die mag was. Die oorbetaling van Vilho is blykbaar gemaak op dieselfde tyd wat Shalli se fondse aan die staat verbeur is. Op sy beurt het Vilho nie sy belegging in Hongkong, wat ‘n waarde van meer as 3,4 miljoen Namibiese doller het, by sy bate-verklaring by die Nasionale Vergadering ingesluit nie. Hy het net ‘n mahangu-land, twee huise, ‘n plot en 10 persent aandeel in Aussenkehr Energie verklaar.