Marcell Coetzee speler van die seisoen

Rugby:Marcell Coetzee is as die spelers se speler van die seisoen gekies na ‘n reeks uitstekende prestasies vir Ulster in die Pro14-seisoen. Hy was die voorste drie-drukker met nege drieë, en was 95-persent suksesvol met sy duikslae. Die 29-jarige speler het 30 keer vir Suid-Afrika uitgedraf. Coetzee het tydens die jongste eerbetoon sy afrigters en spanmaats bedank vir hulle gesamentlike bydrae tot sy sukses.