Nog groepe kan nou aanmeld vir Covid-19 immunisering

Die Namibiese ministerie van Gesondheid het bekendgemaak dat buiten gesondheidswerkers kan die volgende groepe nou aanmeld vir immunisering teen Covid-19. Dit sluit in,lede van korrektiewe dienste, polisie- en immigrasiebeamptes, alle personeel by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako, die Walvisbaaise lughawe asook werknemers by die hawe op die kusdorp, vragmotorbestuurders, vlieëniers en langafstand busbestuurders met permanente verblyf in Namibië.Ook persone betrokke in die verspreiding van pensioen en ander maatskaplike toelae,joernaliste en diplomate.