President Hage Geingob sterf

President Hage Geingob is vanoggend net na middernag oorlede. Hy was in die intensiewe-sorgeenheid van die Lady Pohamba-hospitaal in Windhoek na hy vanaf die VSA teruggekeer het vir kankerbehandeling. Hy is onlangs met kankerselle gediagnoseer. In ‘n verklaring deur Nangolo Mbumba, as waarnemende president, was sy vrou Monica, en sy kinders by hom. Kabinet sal vanoggend vergader en nodige aankondigings sal gemaak word. Geingob was 82 jaar oud. Gebore op Otjiwarongo, was Geingob jare lank Namibiese verteenwoordiger by die VN en het twee keer as eerste minister gedien sowel as handelsminister. Hy was Namibië se derde president. Ingevolge die 2014 wysiging van die Grondwet, toe die kantoor van die adjunkpresident geskep is, neem hy oor. Daarna sal daar beslis word of die adjunkpresident, eerste minister of ajunk-eerste minister sal oorneem, sou die president se amp in minder as ‘n jaar eindig.