Brittanje val saam met VSA nog Houthi-teikens aan

Die Verenigde State en Brittanje het Saterdag aanvalle teen 36 Houthi-teikens in Jemen geloods, op die tweede dag van operasies teen Iran-verwante groepe ná ‘n dodelike aanval op Amerikaanse troepe verlede naweek. Die aanvalle het wapen bergingsfasiliteite, missielstelsels, lanseerders en ander teiken wat die Houthi’s gebruik het om die Rooi See-skeepvaart aan te val, getref. Iran het die aanvalle as ‘n strategiese fout beskryf maar die VSA en Brittanje sê die aanvalle is nie ‘n eskalasie in vyandighede nie.