President Hage Geingob in self-isolasie

President Hage Geingob is volgens die presidensiële woordvoerder dr Alfredo Hengari
in self-isolasie, nadat hy tydens sy besoek aan Rundu en Zambezi in kontak was met
baie mense. Dit is slegs ‘n voorsorg maatreël en hy het volgens Hengari op die oomblik
geen Covid-19 simptome nie, en is in goeie gesondheid.