Ezemvelo onthoring al sy renosters

Ezemvelo Wildlife in KwaZulu-Natal sê hy het met die grootste renoster-onthoring-operasie in die provinsie begin in ‘n poging om stropery te voorkom. ‘n Onbekende getal diere is by die Spioenkop Natuurreservaat onthoring. Ezemvelo se Woordvoerder, Musa Mntambo, sê dit was ‘n moeilike besluit om te neem, maar dit is die enigste manier om die spesie lewendig te hou. Die eerste onthoring-operasie was 3 jaar gelede nadat drie renosters in die reservaat deur stropers doodgemaak is. Volgens Mntambo is van die renosters wat toe onthoring is, nou weer onthoring aangesien die horings weer groei.