Nog 303 nuwe Covid-19 gevalle in die land

Die Namibiese ministerie van Gesondheid het intussen bekendgemaak dat daar 303
nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig is. Windhoek het 113 , Walvisbaai 26,
Swakopmund 23, Oshakati 18, Otjiwarongo en Grootfontein 15 elk en Rehoboth 14. Die
res is landwyd versprei. Daar is op die oomblik 1 762 aktiewe gevalle 46 238 wat reeds
herstel het uit ‘n kumulatiewe total van 48,654. Die sterfgevalle staan op die oomblik op
643.