President Geingob nie ingeënt

President Hage Geingob is nie ingeënt nie. Die inentings wat tans plaaslik beskikbaar is, is nie vir hom geskik nie. Die Namibiese gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula het nie gesê watter entstof vir hom geskik is nie maar, dat die owerhede dit probeer bekom.