Presidensie sal volgende week mediaverklaring oor Swapo-visepresident uitreik

Die Namibiese Presidensie sê in ‘n kort mediaverklaring dit is bewus van verskeie stellings, kommentaar, innuendo’s en wanvoorstellings in die plaaslike media na die afsluiting van die sewende Swapo Party-kongres, wat valslik beweer dat President  Hage Geingob beplan om die nuut herverkose visepresident, Netumbo Nandi-Ndaitwah, as die party se presidensiële kandidaat Swapo Party, te blokkeer of nie vir die 2024 presidensiële verkiesings ondersteun nie. Die Presidensie sê ‘n omvattende mediaverklaring sal volgende week in hierdie verband uitgereik sal word.